Cesar Romero | |
Romero in 1973
| |
Geboorte | 15 Februarie 1907 New York Stad, New York |
---|---|
Sterfte | 1 Januarie 1994 (op 86) Santa Monica, Kalifornië |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Beroep(e) | Akteur, komediant |
Aktiewe jare | 1933–1992 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Cesar Romero (15 Februarie 1907 – 1 Januarie 1994) was 'n Amerikaanse akteur en komediant van Kubaanse afkoms. Romero maak sy debuut as akteur in 1933 as Tony Rico in die rolprent The Shadow Laughs en speel vervolgens in meer as honderd ander films. Daarnaas het hy ook rolle in verskeie TV-reekse vertolk, onder andere as die "Joker" in Batman. Hy is in 1963 vir 'n Golden Globe genomineer vir sy rol as Robert Swan in die komedie If a Man Answers. In 1960 word 'n ster vir hom op die Hollywood Walk of Fame aangebring.